Abstrakte kuns

Wassily Kandinsky, Kandinsky se eerste abstrakte waterverfskildery, 1910.

Abstrakte kuns gebruik 'n visuele taal van vorm, kleur en lyn om 'n komposisie te skep wat met 'n mate van onafhanklikheid van visuele verwysings in die wêreld bestaan.[1]

Abstraksie dui op 'n afwyking van realisme in die uitbeelding van voorwerpe in kuns. Hierdie afwyking kan gering, gedeeltelik of volledig wees.

Voorbeelde van die talle kunsbewegings wat gedeeltelike abstraksie beliggaam, is fauvisme waar kleur opvallend en doelbewus teenoor die werklikheid gestel word, en kubisme waar die vorms van werklike entiteite op blatante wyse verander word.[2][3]

  1. Rudolph Arnheim, Visual Thinking
  2. "Abstract Art – What Is Abstract Art or Abstract Painting", besoek op 7 Januarie 2009.
  3. "Themes in American Art – Abstraction" Geargiveer 8 Junie 2011 op Wayback Machine, besoek op 7 Januarie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne